Vakansie Akkommodasie - Margate

Wednesday, 8 January 2014

Item details

City: Margate, KwaZulu-Natal
Offer type: For Rent
Price: R 500
Bedrooms:2
Bathrooms:2
Full Square, m²:2

Contacts

Contact name Phillip
Phone 0798168027

Item description

Akkommodasie op die Suidkus bied U selfsorg vakansie akkommodasie in Uvongo op die Suidkus van Kwazulu Natal. Skakel 0798168027 vandag en verken die Suidkus van Kwazulu Natal want die Suidkus bied meer as net die see, hier kan mens ontspan en verken, besoek ook die besienswaardighede en die natuur. Topanga 32 is n baie netjiese selfsorg vakansie woonstel in n sekuriteitskompleks en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 2 swembaddens en braai geriewe. Chelsea place 7 is n selfsorg vakansie meenthuis in n sekuriteitskompleks en het 3 slaapkamers, 3 badkamers en 1 swembad. Topanga 32 en Chelsea place 7 is loopafstand vanaf die Uvongo swemstrand. Hierdie swemstrand word beskou as die beste swemstrand op die suidkus. Uvongo is bekend vir sy skilderagtige waterval, huur van bote, kunsstalletjies en wonderlike visvang. Boggelrug en Suidelike Noordkaper walvisse word gereeld gesien naby die kuslyn, gewoonlik tussen Junie en November, as hulle op pad is noord na hulle broeiplek aan die kus van Mosambiek, voordat hulle terugkeer na die voedselrykende waters van die Antartika. Baie besoekers mis hierdie skouspel, omdat jy geduldig die waters moet dophou vir die vertikale spuit wat die teenwoordigheid van die walvisse aantoon. Walvis en Dolfyn besigtings boottoere word gereeld in seisoen gehou waar jy die walvisse en dolfyne van nader kan besigtig. Die Suidkus Locals glo dat die sardienloop begin wanneer die laaste alwyn blom, hoofsaaklik in Junie, Julie, miljoen silwer vis migreer op met die kuslyn vanaf die kaap gretig gevolg deur duisende dolfyne, walvisse, voels en groter visse. alhoewel hierdie verskynsel afgeneem het die afgelope jare, is ons hoopvol dat dit hierdie jaar ‘n menigte gaan wees. Bespreek vandag en besoek ons webtuiste akkommodasieopdiesuidkus co za of skakel 0798168027 vandag